Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Twee van EFF uit parlement gejaag in debat oor grond

Dit kan nie langer geduld word dat aanhoudend in die parlement gesê word wittes het swartes se grond in Suid-Afrika gesteel nie. Want dan kan ook gesê word swart mense het grond van die Khoi en die San gesteel, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Die uitsprake van dr. Groenewald, wat gemaak is in reaksie op herhaalde uitlatings van veral die EFF en die ANC dat wittes grond gesteel het, het hewige reaksie van twee EFF-lede ontlok en dr. Groenewald is herhaaldelik ‘n dief en ‘n leuenaar genoem.

Hulle het na herhaalde waarskuwings geweier om dit terug te trek, en is gevra om die parlement te verlaat.

Dr. Groenewald het daarna gesê daar moet opgehou word met bewerings dat een die ander se grond gesteel het en het daarop gewys dat selfs die minister, Gugile Nkwinti, meer verantwoordelik praat van onder meer oorloë wat in die land geveg is oor grondgebied.

“Daar kan nie sinvol oor grondhervorming gepraat word as wit mense aanhoudend daarvan beskuldig word dat hulle gronddiewe is nie. Dit moet ophou,” het dr. Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.