Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane skryf na tien jaar R63 miljoen af as vrugtelose uitgawe op Pretoria-stadsaal-opknappingsprojek

Die VF Plus in die Tshwane-metro het sy misnoё uitgespreek nadat die raad besluit het om die R63 miljoen wat aan opknappingswerk op die Pretoria-stadsaal bestee is, as ʼn vrugtelose uitgawe af te skryf.

Opknappingswerk aan die historiese gebou het in 2015 begin en is nooit voltooi nie.

Die stadsaal is in 1935 gebou en is nie net ‘n monument vir die stad se ryk geskiedenis nie, maar ook ‘n baken van erfenis en gemeenskapstrots. Ten spyte van hierdie historiese belang, bly die herstelprojek onvoltooid, ongefinansier en sonder enige vooruitsig van voltooiing.

Dit is onaanvaarbaar dat ‘n totaal van R62 981 422 bloot vermors is.

‘n Forensiese oudit het gevind dat korrupsie en finansiële onreëlmatighede ‘n groot rol hierin gespeel het.

Hoewel daar aanbeveel is dat dissiplinêre aksies en strafregtelike klagte teen die betrokkenes ingestel word, is daar na ʼn dekade feitlik geen vordering hiermee nie.

Intussen het die projek, wat nou as ‘n bate onder konstruksie gelys is, sedert 2016 geen vordering getoon nie. Herhaalde inbrake, diefstal van erfenis-items en vandalisme het dit eerder agteruit laat gaan.

Die VF Plus doen ‘n dringende beroep op die stad om daadwerklik op te tree deur:

• Die afhandeling van dissiplinêre optrede teen die betrokke amptenare.

• Die swartlys van die kontrakteur NTSHADI-konsortium asook besliste stappe teen die maatskappy vir die herwinning van verlore fondse.

• Die haalbaarheid te hersien vir die voltooiing van die stadsaal-herstelprojek deur alternatiewe finansieringsmeganismes of vennootskappe te ondersoek om die werk te doen.

Die party kan nie toelaat dat sulke mislukkings hierdie nalatenskap van die stad gedefinieer nie.

Dit is tyd vir aksie, vir die herstel van verliese en die herstel van die stad se trots en integriteit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.