fbpx
Vryheidsfront Plus

Trustbankgebou in Emfuleni sluit weens gebreke aan gebou

Die sluiting van die Trustbankgebou in Vanderbijlpark in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit kom as geen verrassing vir die VF Plus nie. Die provinsiale departement van arbeid het Maandag die gebou amptelik gesluit.

Die VF Plus het die gebreke aan dié gebou reeds twee jaar gelede aan die munisipale bestuurder, mnr. April Ntuli, uitgewys.

Die Trustbankgebou wat aan die munisipaliteit behoort, se plafonpanele het inmekaar gesak waarna munisipale personeel gedwing is om in die stof met hul werksverpligtinge voort te gaan.

Baie personeellede het siek geword en ‘n skofrooster is ingestel.

Verskeie departemente van die munisipaliteit, soos landelike bestuur, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, behuising en menslike hulpbronne, werk vanuit die Trustbankgebou.

Luidens ‘n brief aan personeel moet hulle Woensdagoggend by die munisipaliteit se hoofgebou bymekaar kom waar hul oor die situasie ingelig sal word.

Intussen staan die werksaamhede van die geraakte departemente stil tot groot frustrasie van inwoners.

Die VF Plus dring daarop aan dat die munisipale bestuur ‘n daadwerklike plan maak om hierdie departemente in ‘n ander munisipale gebou te huisves.

Die party gaan ook antwoorde eis oor waarom die munisipale bestuur nie ag geslaan het oor die waarskuwings rakende die verval van die gebou twee jaar gelede nie.

Dit is opnuut ‘n bewys dat die ANC-beheerde Emfuleni nie omgee vir sy personeel of inwoners nie.

Die VF Plus sal die verloop van sake noukeurig monitor en terugvoer gee aan inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.