fbpx
Vryheidsfront Plus

Gebrek aan onderhoud en herstelwerk oorsaak van brand by Van Eck-substasie

Die brand by die Van Eck-substasie in Brakpan is weens die Ekurhuleni-metro se gebrek aan onderhoud en herstelwerk aan kritieke infrastruktuur.

Die metro het fondse vir infrastruktuuronderhoud drasties in die 2023/24-begroting besnoei wat beteken dat munisipale werkers dikwels sonder die nodige toerusting en onderdele moet poog om infrastruktuur soos substasies te herstel.

Die oorsaak van die brand van ‘n kabel verlede week by die Van Eck-substasie, was vermoedelik weens ‘n aardkabel wat ‘n tyd gelede by die substasie gesteel is.

Die brand het substasie tot stilstand gebring en die grootste gedeelte van Brakpan was sonder elektrisiteit. Die VF Plus was gou op die toneel en het die brandweer in kennis gestel.

Munisipale werkers het binne ure kragvoorsiening na die helfte van Brakpan herstel. Die res van die kragtoevoer is die Saterdag herstel.

Inwoners van Brakpan het ook waterprobleme ondervind wat teen Sondag opgelos is.

Die VF Plus het teen die 2023/24-begroting gestem juis omdat die party bekommerd was oor die invloed wat die besnoeiings gaan hê op inwoners se reg tot behoorlike dienslewering.

Die party sal aanhou om die ANC/EFF-beheerde metroraad verantwoordbaar te hou vir sy ondeurdagte besluite wat groot ongemak vir inwoners meebring.

Die VF Plus sal daarop aandring dat die metro genoeg fondse in die 2024/25-begroting toeken vir onderhoud en herstelwerk aan kritieke infrastruktuur en dat dit behoorlik gedoen word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.