Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Thandi Modise moet Mulder se voorbeeld volg met motoraankope

“Die premier van Noordwes, Thandi Modise, se regverdiging vir die aankoop van ‘n nuwe voertuig van R1,3 miljoen is nie aanvaarbaar nie. Om te beweer die ou voertuig het reeds 120 000 km afgelê en dat sy verplig is om ‘n nuwe te koop is onwaar. Die adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder, se staatsvoertuig het ook baie meer as 120 000 km afgelê, maar hy ry steeds met die voertuig. Dr Mulder het ook opdrag gegee dat ‘n nuwe voertuig nie aangekoop word nie. Modise moet Mulder se voorbeeld volg,” sê dr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes.

“Dit word sterk betwyfel of Modise na die verkiesing weer as premier van Noordwes aangewys sal word en dan gaan die nuwe premier weer ‘n nuwe voertuig wil aankoop. Dit beteken dat Modise nou ‘n R1,3 miljoen se voertuig aangekoop het vir gebruik van hoogstens vyf maande. Dit is niks anders as minagtiging vir belastinggeld en die misbruik daarvan vir onnodige luuksheid.  Die koop van die voertuig moet gekanselleer word,” het Groenewald gesê.

 

DR PIETER GROENEWALD (LP)

Sel: 083 627 4397

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.