President Jacob Zuma moet sê hoe hy die Grondwet van Suid-Afrika wil verander na sy opmerking gister buite Nelspruit aan kiesers waar hy luidens mediaberigte gevra het vir ‘n tweederde meerderheid-stemme in die komende algemene verkiesing om die Grondwet te verander.
“Indien hy dit nie doen nie, is hy oneerlik met die kiesers en kom hy voor as ‘n bedreigde leier wat veranderinge aan die Grondwet wil aanbring net om sy eie posisie te beskerm.
“Daarbenewens sal dit ook ‘n belediging vir ondersteuners van die ANC wees van die wie dit verwag word om soos donkies met ‘n geelwortel voor hul neus na die stembus te gaan sonder dat hulle weet wat die implikasies van ‘n stem vir die ANC gaan inhou.
“Veranderinge aan die Grondwet hou ook ernstige gevolge in vir voornemende beleggers, en indien die president oor die veranderinge swyg, kan hy vooremende beleggers afskrik aangesien dit verreikende gevolge vir hul beleggings kan inhou.
“Indien die president werklik eerlik is met die toekoms van Suid-Afrika, moet hy sê hoe hy die Grondwet wil verander, en die VF Plus sal hom in die parlement hieroor konfronteer,” sê dr. Groenewald.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403