fbpx
Vryheidsfront Plus

Thabazimbi-waterkrisis: VF Plus dien klag in by MRK en Cogta

Die waterkrisis in die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit (Thabazimbi en Northam) kan nie onbepaald voortduur nie en daar moet opgetree word.

Die VF Plus het daarom 'n klag hieroor by die menseregtekommissie (MRK) en Limpopo se LUR vir samewerkende regering (Cogta), mnr. Baisikopo Makamu, ingedien.

Inwoners van Thabazimbi, Regorogile en Northam, is die afgelope lang naweek sonder ’n druppel water gelaat.

In die skrywe aan die LUR het die VF Plus hom herinner aan sy belofte verlede jaar (8 Desember 2022) waartydens hy met sy besoek onderneem het om ’n assesseringspan te stuur om aandag te gee aan die waterkrisis. Hiervan het niks gekom nie.

Die party het die LUR gemaan om daadwerklik in te gryp voordat dienslewering in hierdie verband heeltemal in duie stort.

Die MRK is versoek om op te tree en toe te sien dat die munisipaliteit by die toepaslike wetgewing hou om drinkwater te lewer.

Die munisipaliteit het deur sy optrede, of gebrek daaraan, ernstige wateronderbrekings veroorsaak.

Tot dusver is geen stappe geneem om te verseker dat inwoners gereeld water ontvang nie.

Sonder water kan daar nie behoorlike sanitasie wees nie wat 'n groot gesondheidsrisiko's vir alle inwoners inhou.

Die VF Plus sal aanhou veg vir inwoners se basiese regte.

Thabazimbi verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.