Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tesourieplan vir beter infrastruktuur moet aanspreeklikheid in Ekurhuleni versterk – nie nuwe burokrasie skep

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metroraad steun in beginsel hervormings wat dienslewering verbeter en aanspreeklikheid versterk, maar sal enige proses teenstaan wat meer burokrasie skep sonder om tasbare voordele vir gemeenskappe te lewer.

Die party steun die Metro Trading Services-hervormingsplan (MTS) wat die nasionale tesourie in die lewe geroep het. Hierdie plan maak R54 miljard oor ses jaar beskikbaar om metrorade te help om kragverskaffing, afvalverwydering, asook drink- en afvalwaterdienste weer op dreef te kry deur dit meer soos lewensvatbare sakeondernemings te bestuur.

Die VF Plus waarsku egter dat hierdie hervorming nie ’n oop mandaat mag word vir bykomende uitgawes, ongefinansierde strukture of verswakte oorsigmeganismes nie.

Tydens die raad se oorweging van die vereistes om vir hierdie toelae in aanmerking te kom, het die party sy kommer uitgespreek oor die bekostigbaarheid van die voorgestelde hervormings, die arbeidsimplikasies, die omvang van die NT se riglyne, asook die verslagdoening- en aanspreeklikheidsmeganismes.

Die VF Plus is van mening dat verreikende bestuurs- en operasionele veranderinge nie goedgekeur kan word voordat die saak deeglik deur die betrokke oorsigkomitees ondersoek en bespreek is nie.

Inwoners van Ekurhuleni verdien doeltreffende dienslewering, verantwoordelike finansiële bestuur en ’n munisipaliteit wat dienslewering bo administratiewe rompslomp prioritiseer.

Op 4 November 2026 kry kiesers die geleentheid om vir die VF Plus te stem om ’n verantwoordbare metroraad daar te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.