Die departement van basiese onderwyse speel ‘n kritiek-belangrike rol in die vermoeë van die bevolking om ‘n suksesvolle ekonomiese omgewing te skep, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys.
Adv. Alberts sê hy stem in dié opsig saam met die mening van die minister van finansies, Pravin Gorhan, dat onderwys ‘n ‘strukturele rede’ is vir die ekonomiese probleme wat die land tans in die gesig staar.
Volgens adv. Alberts moet die basiese onderwysstelsel reggeruk word om werkloosheid te bekamp, en in hierdie opsig moet die minister van ‘n paar belangrike kwessies kennis neem:
Adv. Alberts sê mnr. Lesufi ontvang ‘n wesenlike begroting om nuwe skole te bou, maar doen dit nie.
“Ons het hom daarom by die Ouditeur-Generaal verkla wat onderneem het om te ondersoek of hy voldoen aan die Openbare Finansiële Bestuurswet. Die minister moet ag slaan op die LUR se optrede voordat die rassisme daarvan in die regering se gesig ontplof,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403