Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Swak gesondheidsdienste in Noordwes

Verswakkende gesondheidsdienste in Noordwes raak ‘n ernstige probleem, en die volgende behoort as waarskuwing te dien dat iets dringend aan die saak gedoen moet word, sê Hannes Schutte, VF Plus-lid van Noordwes se provinsiale wetgewer.

Die volgende dien vermelding:

• Op 17 Mei 2017 rapporteer die Openbare Dienste-Kommissaris (ODK) aan die staande komitee van wetgewersake dat hospitaal- en kliniekdienste baie swak is in Noordwes.

• Die rioolverwerkingsaanleg naby die drie jaar oue Moses Kotane-hospitaal werk nie. Geen instandhouding van die rioolaanleg word gedoen nie. Dit skep ‘n groot gesondheidsrisiko vir pasiënte en personeel.

• Daar is geen lopende skoon water in sommige klinieke nie, terwyl puttoilette nog in gebruik is.

• Lang wagtye vir ambulanse is aan die orde van die dag. By Ventersdorp-hospitaal wissel dit tussen 2 tot 3 uur, terwyl dit in die Rustenburg- / Brits-afgeleë gebiede tot 4 uur is.

• Baie goeie gehalte toerusting is nie in ‘n werkende toestand nie, omdat daar nie geld is vir herstelwerk nie.

• Die gebrek aan professionele personeel (dokters en verpleegsters) plaas groot druk op beskikbare persone wat lang ure moet werk. Gebrek aan etiek en dissipline het tot gevolg dat pasiënte nie behoorlik versorg word nie.

Noordwes se ANC-regering sal drastiese stappe moet neem om hierdie noodsaaklike dienste weer op ‘n goeie standaard te kry.

 

Kontaknommers: 076 400 8132 / 079 838 6587

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.