fbpx
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrikaners se toekoms word onteien

Suid-Afrikaners word daagliks toenemend gekonfronteer met eiendomsonteiening sonder vergoeding, wapenonteiening, swak dienslewering, ekonomiese druk en ‘n gevestigde geweldskultuur.

Die VF Plus het gisteraand as deel van sy 2019-verkiesingsveldtog in Gauteng tydens ‘n vergadering op Vanderbijlpark gesê dat ANC-populisme en ‘n onvermoë om effektief te regeer, in werklikheid tot gevolg het dat Suid-Afrikaners se toekoms onteien word.

Die uitvloei van kundigheid uit staatsdepartemente en staatskaping is die direkte oorsake van swak dienslewering in Suid-Afrika.

Die VF Plus veg teen rasdiskriminerende wetgewing, beskerm die regte van minderhede en staan die behoud van die vryemarkstelsel voor.

Die party het reeds ‘n bewese rekord as effektiewe opposisie- en regeervennoot waar veelparty-koalisies in stadsrade aan bewind is.

Die ANC-regering moet in 2019 by die stembus vervang word met ‘n veelparty-koalisie waarvan die VF Plus deel sal uitmaak.

Kontaknommers 082 466 3786 / 062 391 1804

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.