fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-inwoners dreig met protesaksie

Inwoners van Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gaan nie langer betaal indien dienslewering nie ingrypend opgeknap word nie en die munisipaliteit kan groot protesaksies verwag indien daar op die huidige, onaanvaarbare trant voortgegaan word.

Dit was die boodskap wat die VF Plus en ‘n groep van 65 ontstoke inwoners van Emfuleni verlede Vrydag aan die burgemeester van Emfuleni, mnr. Jacob Khawe, gebring het. ‘n Versoekskrif met 7 000 handtekeninge oor die aangeleentheid is ook aan hom oorhandig.

Inwoners het genoeg gehad van ‘n dorp waar daar min of geen vullisverwydering is, waar kabeldiefstal daagliks plaasvind en waar daar ‘n tekort aan water is terwyl die munisipale tariewe verhoog word.

Met die oorhandiging van die versoekskrif het mnr. Khawe onderneem om binne sewe dae ‘n vergadering te reël en inwoners toe te spreek.

Die VF Plus sal seker maak die burgemeester doen sy woord gestand en dat hy met die mense van Emfuleni in gesprek sal tree om werkbare oplossings te vind.

 

Kontaknommer: 076 616 2124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.