Die Wysigingswetsontwerp op Sport en Ontspanning wat verlede week gepubliseer is, is niks anders nie as 'n poging van die ANC-regering om sport te nasionaliseer en sodoende die party se ideologie weereens ten koste van die land uit te bou en te bevorder nie.
Die ANC het telkemale al bewys dat hy nie daartoe in staat is om die land, sy instellings, munisipaliteite en entiteite behoorlik te regeer en bestuur nie.
Eskom, die SAL, SAUK en Prasa is maar enkele voorbeelde hiervan en georganiseerde sport sal dieselfde paadjie loop indien die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word.
Georganiseerde sport het weereens hierdie jaar bewys dat regeringsinmenging nie nodig is nie. Waar die regte mense op die regte plekke aangestel is wat kenners is op hul gebied gaan dit goed met Suid-Afrikaanse sport. Die Springbokke se wêreldbekersege onder leiding van Rassie Erasmus en Siya Kolisi spreek vanself.
Regeringsinmenging sal onafwendbaar daartoe lei dat Suid-Afrikaanse atlete en sportspanne se deelname aan internasionale kompetisies soos die Olimpiese Spele bedreig word.
Die VF Plus sal hierdie Wysigingswetsontwerp op alle maniere moontlik teenstaan.
Navrae: 072 997 831