Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika se ekonomie in noue simbiose met toerisme-sektor

Die belangrikheid van die toerismesektor vir die ekonomie van Suid-Afrika kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Toerisme en die ekonomie is in noue simbiose en wanneer een toeris die land besoek, is dit voordelig vir die land se totale ekonomiese waardeketting.

‘n Negatiewe aspek van die toerisme-sektor is dat dit maklik geraak word deur invloede soos verlede jaar se onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng, asook die land se hoë misdaadsyfer.

Dié geweldpleging, moord en algemene misdadigheid is egter nie beperk tot dorpe en stede, parke, oorde en ander toeristebestemmings nie, dit het ‘n direkte impak op die land se handelsmerk en die wenslikheid van Suid-Afrika as 'n toeristebestemming.

Die parlementêre portefeuljekomitee se prestasieverslag vir toerisme vir die eerste kwartale van die 2021/22-finansiële jaar, erken dat beleggers die land se toerisme-omgewing dophou en dat hulle onseker is oor wanneer dit sal herstel.

Ekonomiese herstel en beleggersvertroue rus duidelik nie net op die skouers van die toerisme nie, maar op elke departement in die regeringstruktuur. Die departement van toerisme moet nogtans self ook aanpas en moeite doen om ander departemente deel te maak van ‘n groter poging om toerisme te herstel.

Tog is daar ‘n poging om die blaam vir dié sektor se swak prestasie, op ander te skuif.

Die hofbevel wat verlede jaar toegestaan is wat die uitbetaling van geld uit die departement se Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) verbied, word die sondebok gemaak vir toerisme se gesukkel om sekere prestasieteikens te haal.

Die hof het bevind dat die fonds wesenlik teen wittes diskrimineer aangesien dit slegs ondernemings sou help wat 51% in swart besit is.

Die regering het in April verlede jaar ‘n afwyking op die breed gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingsteikens aan toerisme toegeken om van die bestaande kleurteikens af te wyk om veral swart vroue in die bedryf te bemagtig deur “sektorale transformasie”.

Om dit alleen te verkwalik vir die departement se onvermoë om sy doelwitte te haal, is oneerlik en misleidend.

Die departement het boonop erken dat die totale TEF-fonds reeds uitbetaal was ten tyde van die hofuitspraak.

Die hof het bevind dat die TEF-fonds nie ‘n Covid-19-noodfonds was maar ‘n tranformasie-insiatief.

Die vorige minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het die pandemie misbruik om die ANC se beleid te bevorder. Dit is ‘n skande.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.