fbpx
Vryheidsfront Plus

Stop magsvergrype deur metropolisie

Die VF Plus is geskok oor die gedrag van metropolisie beamptes wat vroue en kinders aanrand. So sê rdl. Awie Erasmus, VF Plus raadslid in die Tshwane Metroraad, nadat Geneel Maritz (20) verlede week deur ‘n beampte in Van der Hofweg, Pretoria van die pad getrek is. Sy is glo deur die beampte aangerand.

“Hierdie is net nog ‘n geval van die vele wat in vanjaar reeds in die media verskyn het. Vroeër dié jaar is ‘n driejarige kind deur die polisie gedreig. Die VF Plus is uiters geskok met die wyse waarop die metropolisie inwoners van Pretoria behandel. Geen dissipline word toegepas nie, veral as dit kom by weerlose vroue en kinders. Die polisie moet eerder ‘n toevlug vir mense in nood wees maar in stede om mense te beskerm, het hulle ‘n teiken van vrees vir wetsgehoorsame burgers geword.”

Raadslid Erasmus gaan vandag tydens ‘n sitting van die Gemeenskapsveiligheidforum, antwoorde eis. Die forum is ‘n platform waar sulke onbehoorlike gedrag deur amptenare aangehoor word. “Ons gaan vandag gedetailleerde verslae oor die insident aanvra. Ons wil ook hoor wat die metropolisie gaan doen om sulke voorvalle in die toekoms te voorkom.”

Die VF Plus gaan hierdie saak egter verder neem met die daarstelling van ‘n webtuiste waar mense soortgelyke voorvalle kan aanmeld. Rdl. Erasmus is die party se woordvoeder oor veiligheid in Tshwane asook lid van die oorsigkomitee vir Gemeenskapsveiligheid.

 

Awie Erasmus

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.