Die onlangse "beleg" van Pretoria deur steenkoolkarweiers, wat kla dat hul werk weens hernubare krag verlore gaan, sal dié neiging nie keer nie, sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus.
Dr. Boshoff sê steenkoolkarweiers gebruik die prys wat aan die eerste onafhanklike hernubare kragvoorsieners betaal word, om aan te dui dat dié krag te duur is.
Hy sê hulle laat die dramatiese daling in pryse wat steeds voortduur buite rekening en hulle skets ‘n verwronge beeld om die steenkoolmark te beskerm.
“Hernubare krag is onkeerbaar. Nie die ekonomie of die omgewing kan bekostig dat 'n enkele ton steenkool onnodig verbrand word nie, sê Boshoff.
“Suid-Afrika se oorvloed sonskyn en wêreldklas kragnetwerk kan 'n industriële herlewing in Suid-Afrika teweeg bring wat veral die westelike deel van die land ekonomies baie sterk kan maak.
“Liewer as om na die stakers te luister, behoort die regering die Suid-Afrikaanse kragnetwerk vir huishoudelike skaal kragvoorsiening oop te stel, soos in die Europese Unie.
“Volgens die VF Plus kom die vraag op of steenkool ten koste van sonkrag beskerm moet word ter wille van werkers, of ter wille van 'n lonende kragmonopolie,” sê dr. Boshoff.
Kontaknommers: 074 166 5540