Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Staking dwing Emfuleni op sy knieë

Die onbeskermde staking wat tans in Emfuleni-plaaslike munisipaliteit plaasvind, is besig om dié gebied op sy knieë te dwing.

Die staking wat gister na loongeskille begin het, het gou gewelddadig geraak nadat amptenare, politieke personeel en raadslede beveel is om hul kantore te verlaat. Die kantore is met rommel bestrooi en meubels is omgegooi.

Selfs oorledenes kan nie begrawe word nie omdat vakbondlede weier dat munisipale amptenare kantore binnegaan om hul werk te doen.

Die stakers se houding om ook inwoners toegang tot munisipale kantore te weier, lei tot ‘n verlies aan inkomste vir die munisipaliteit.

Vakbondleiers moet hul geskille om ‘n onderhandelingstafel oplos en nie hul lede aanpor om die strate in te vaar en chaos te veroorsaak nie.

Die polisie moet ernstig wees in sy optrede en waar onbeskermde stakings in geweld omskakel, moet oproeriges in hegtenis geneem word.

Die VF Plus veroordeel hierdie optrede. Dit dui op die ANC se onvermoë om die munisipaliteit te bestuur.

Kontaknommer: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.