fbpx
Vryheidsfront Plus

Stakende werkers van Metsimaholo ʼn jaar sonder persoonlike beskermende toerusting

Werkers van die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit staak reeds vanaf 24 Mei 2023 omdat hulle ʼn jaar lank reeds sonder persoonlike beskermende toerusting moet werk.

Die staking het dienslewering in die munisipaliteit tot stilstand gedwing.

Vullis is die afgelope twee weke nie verwyder nie en herstelwerk word nie gedoen nie.

Die effek van hierdie staking kan lei tot gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir inwoners van Sasolburg, Deneysville en Oranjeville wat deur die Metsimaholo-munisipaliteit bedien word.

Die munisipale bestuurder, adv. Motlatsi Mofokeng, het die werkers op 23 Mei toegespreek en hulle die versekering gegee dat die situasie spoedig reggestel sal word.

Hierdie probleem is al verskeie keer in munisipale portefeuljekomiteevergaderings sowel as in die munisipale arbeidsforum bespreek, maar daar het niks van gekom nie.

Die VF Plus het in ʼn brief aan die burgemeester, mnr. Jeff Zwane, geëis dat ʼn ondersoek na die munisipaliteit se verkrygingsbestuur geloods word en dat ʼn dissiplinêre ondersoek gedoen moet word.

Die inwoners van Metsimaholo verdien ʼn funksionerende munisipaliteit met amptenary wat doen wat van hulle verwag word en werkers wat behoorlik toegerus is om doeltreffende dienslewering te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.