fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Staatkundige ontwikkeling word afgeskeep met befondsing

‘n Skrale R80 miljoen of 0,4% van die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling se begroting van R18,9 miljard word aangewend vir staatkundige ontwikkeling,” sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder sê dit maak dit duidelik dat staatkundige ontwikkeling nie ‘n prioriteit by die departement is nie. Tog is die taak van die departement met betrekking tot staatkundige ontwikkeling om die Grondwet te bevorder, sy waardes uit te dra en om onafhanklike instansies te beskerm wat die demokrasie ondersteun om onafhanklikheid en effektiwiteit te verseker.

Hy sê die departement se stilte was daarom des te meer dawerend toe die ANC die een aanval na die ander op die Openbare Beskermer (OB) geloods het aangesien dit juis dié departement se taak is om sulke instansies te beskerm.

“Die minister (Michael Masutha) moet ook sê of dit sy mandaat is dat die NVG gebruik moet word om die regering se mandaat uit te voer en of die vervolgingsgesag kan optree sonder vooroordeel of inmenging.

“Die minister het vandag uit sy pad gegaan om ons te probeer oortuig van die feit dat hy nie kan inmeng by die NVG nie. Hy sê die NVG is onafhanklik en hy kan nie daarby betrokke raak nie.

“Hy is luid toegejuig deur ‘n groot ANC-voorbok Charlotte Pilane Majake. Die probleem hiermee is dat Majake in hierdie selfde vertrek op 5 November verlede jaar, toe die Justisiekomitee van die parlement met die NVG vergader het, gesê het, en ek haal aan: “Working for the NPA means that you are in government. It actually means you are rolling out the mandate of the ANC.”

“Ek wil van die minister weet of dit die uitgangspunt van sy departement is? Dat die NVG se taak is om die ANC se mandaat uit te voer, of is die uitgangspunt dat hierdie instansie moet optree sonder begunstiging, sonder vooroordeel en sonder enige inmenging van die departement of enige ander instansie?” het dr. Mulder gevra.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.