fbpx
Vryheidsfront Plus

Sportminister se plan om rugby en krieket te straf oor onvoldoende transformasie is ondeurdag en rassisties

Sportminister Fikile Mbalula se besluit dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Krieket Suid-Afrika (KSA) en Atletiek Suid-Afrika (ASA) weens ’n gebrek aan transformasie nie internasionale toernooie mag aanbied nie, is totaal buite orde en ondeurdag, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport.

Adv. Alberts sê Mbalula se naakte rassisme wys duidelik uit die feit dat hy tevrede is met die nasionale sokkerspan, ‘n span wat meer as gereeld sonder, of met net een wit speler op die veld draf.

In verlede jaar se spangroep was daar lank net een 1 wit en 2 bruin spelers in die eerstespan-groep van 27, en nie almal het gereeld speelkans gekry nie.

Hy sê dit is ook onwettig in terme van internasionale sportliggame se reëls dat daar nie politieke inmenging in sport mag wees nie.

“Die Vryheidsfront Plus het verlede jaar die saak onder die aandag van internasionale ambassades in Suid-Afrika gebring. Die party sal nou sonder verwyl weer die ambassades nader, en sal ook ‘n versoek tot die betrokke internasionale sportliggame rig om hulle hierteen uit te spreek.

“Die VF Plus sal in besonder ook aan die Ierse Rugbyraad skryf met die versoek om die ANC-regering te dagvaar indien die Ierse toer moontlik in die gedrang sou kom.

“Dit is nou tyd dat die hele Suid-Afrika verenig oor hierdie ondeurdagte en sinnelose optrede van die ANC en hierdie geval sy minister van sport. Het die minister dit al ooit oordink of byvoorbeeld rugby net so ‘n gewilde sport onder swart mense is as sokker?

“Die ANC probeer met wette elke mens in die land se lewe rig en stuur. Jy kan mense nie met ‘n wet dwing om van ‘n sport te hou wat nie in sy bloed is nie.

“Dit is ook duidelik dat die minister geen oorweging geskenk het aan die lewens en loopbane van tientalle sportmanne en vroue wat hierdeur geraak kan word nie. Daar is borgskappe van miljoene rande betrokke by sport, internasionale TV-uitsaairegte en vele meer.

“Daarbenewens sal verswakte spanne met gedwonge rasse-teikens paviljoene leeg laat loop en die betrokke sportsoorte ‘n vinnige dood laat sterf.

“Die minister en die ANC moet kennis neem van die feit dat Suid-Afrika, wat nou die mees korrupte land in Afrika is, nie meer die wêreld se liefling-kind is wat sy sin met alles kan kry nie. As Suid-Afrika eers uit die internasionale sportarena geskop word, sal dit dalk nie so maklik wees om terug te keer nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.