Uit die optrede (of versuim daarvan) van die Menseregtekommissie (MRK) aangaande klagte teen president Jacob Zuma, kom dit al hoe meer voor dat die kommissie baie traag is om enige klag teen die president te ondersoek. In daardie opsig kom die kommissie nie sy grondwetlike plig na nie.
Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, sê die VF Plus het sedert begin verlede jaar verskeie grondige klagte wat met feite onderlê is aan die kommissie voorgelê rakende pres. Zuma. Die reaksie was uiters onbevredigend, van terugvoer was daar nie sprake nie en van optrede nog minder.
Hierbenewens is klagte van haatspraak ook teen Julius Malema en die EFF al van voor die algemene verkiesing in 2014 ingedien, ook gerugsteun deur harde feite, maar ook hier het absoluut niks van gekom nie. In teenstelling hiermee het die kommissie wel opgetree teen ander persone in soortgelyke gevalle.
Om duidelikheid hieroor te kry, het die VF Plus ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) die MRK versoek om inligting bekend te maak wat moontlik lig kan werp op sy ongeneentheid om die president te ondersoek.
Volgens adv. Alberts wag die VF Plus nog om ‘n uitslag van enige klag teen die president en die staat te sien. Die klag wat die VF Plus in Januarie verlede jaar teen pres. Zuma ingedien het oor sy uitspraak dat al die land se probleme begin het toe wit mense hier aangekom het, het goed begin, maar toe ‘n stille dood gesterf. Nie eens die navrae van die VF Plus oor die saak word beantwoord nie.
“Dit is vir ons duidelik dat ‘n tendens by die MRK gevorm het om ondersoeke teen veral die president nie te voltooi nie.
“Die blote feit dat die verslag van MRK-ondersoeke wat die departement van justisie en korrektiewe dienste aan die VF Plus verskaf het ‘n aparte kolom het waar aangedui moet word of die klag teen die president is of nie, is reeds ‘n aanduiding dat die MRK hierdie klagtes anders wil hanteer as gewone klagtes. Die vraag is waarom dit so is.
“In die afgelope twee jaar is geen van die klagtes teen pres. Zuma afgehandel nie. Dit is selfs onbekend of dit enigsins ondersoek is.
“Gegewe die Grondwethof se uitspraak in die Nkandla-saak aangaande die gesag van die Openbare Beskermer (OB), kan die afleiding gemaak word dat die MRK se bevindings ook gesaghebbend is. Die MRK kan tewens ‘n groot rol speel om rasse-harmonie te bewerkstellig deur gewoonte-oortreders vas te vat, en deur sy versuim versaak hy die belange van almal in Suid-Afrika,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403
VARIOUS COMPLAINTS LODGED WITH THE OFFICES OF THE SOUTH AFRICAN HUMAN RIGHTS COMMISSION FROM 1 JANUARY 2015 UP TO AND INCLUDING 31 MARCH 2016 WITH REGARDS TO THE GOVERNMENT, GOVERNMENT DEPARTMENTS, PRESIDENCY ETC.
The above matter refers.
We hereby submit the attached PAIA application for information, marked Annexure “A”.
We would like to request the following information from you in terms of the Promotion of Access to Information Act (“PAIA”):
(1) How many complaints were laid (a) altogether and (b) against (i) the Government, (ii) government departments (iii) any government body (iv) the President of South Africa and (v) the Presidency from 1 January 2015 up to and including 31 March 2016 individually with the SA Human Rights Commission. Kindly list all of the complaints;
(2) Also indicate how many of the (a) total number of complaints and (b) complaints against (i) the Government, (ii) government departments and (iii) any government body (iv) the President of South Africa and (v) the Presidency were (aa) finalized, (bb) rejected on technical grounds, (cc) refused on merit, (dd) succeeded on merit and (ee) have still not been finalized, including the reason for not having finalised same;
(3) What is the percentage of each of the different categories of complaint (as categorised by the SAHRC) of the (a) total number of complaints and (b) complaints against the Government?
Kindly find further attached hereto a list of all matters lodged with the SAHRC marked annexure “B” as provided to us by the Department of Justice and Correctional Services. Note that we have marked, for your ease of reference – a few of these matters in yellow and one in green. These refer to matters/complaints lodged with your offices regarding/against the President of the Republic of South Africa. We hereby kindly request that you provide us with the status of each of these matters/cases, as well as the reasons for why these investigations are not progressing and/or proceeding. We specifically draw your attention to the matter/case marked in green (our complaint), and await your most urgent response.
We shall appreciate your urgent attention in this regard.
Kindly provide our offices with the requested information within 30 (thirty) days of receipt hereof as prescribed by PAIA.
Kindly further acknowledge receipt hereof and provide our offices with a referance number.