Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Spesiale behandeling vir Zuma het van begin gedui op vroeë vrylating

Die feit dat oud-president Jacob Zuma feitlik deurentyd sy straf in die Estcourt-gevangenis se mediese afdeling uitgedien het, het gedui om spesiale bevoordeling en dit is daarom geen verrassing dat hy mediese parool ontvang het nie.

Die VF Plus het gewaarsku dat daar nie ‘n herhaling moet wees van die Schabir Shaik-klugspul waar ’n beweerde ernstige siekte en hospitalisering ’n maklike metode was om verdiende straf vry te spring nie.

Dit is egter duidelik dat wat nou met Zuma gebeur het, ‘n herhaling van die Shaik-metode is om straf te ontduik.

Hierdie spesiale behandeling vir sommiges laat toe dat die land se strafregstelsel ondermyn word.

Daar sal gekyk moet word na die magte en bevoegdhede van die kommissaris van korrektiewe dienste om mense klaarblyklik net op parool vry te laat soos wat met Zuma gebeur het.

Die VF Plus sal steeds wil sien dat ‘n onafhanklike mediese mening ingewin word om Zuma se siektetoestand te staaf.

Mediese parool kan hoofsaaklik toegeken word aan persone wat aan ‘n terminale siekte ly en om aan hulle die geleentheid te bied om tuis in die laaste fases van hul die siekte by hul naasbestaandes deur te bring.

Vir Shaik was dit bloot ’n vrypas om gholf te speel en sy vryheid te geniet. Dit sou onaanvaarbaar wees indien Zuma dieselfde maklike pas na vryheid ontvang het.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.