fbpx
Vryheidsfront Plus

Sonder afskaffing van SEB-verkrygingsvereistes is Ramaphosa se kragherstelplan gedoem

Die VF Plus versoek pres. Cyril Ramaphosa en die minister van handel, nywerheid en mededinging, mnr. Ebrahim Patel, om spesifiek regulasies wat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) rig, te laat vaar om te verseker dat die mees effektiewe verkrygingsbeleid en kundigheid op meriete beskikbaar gestel word om die land se kragkrisis volhoubaar aan te spreek.

'n Gebrek aan kundige amptenare en ingenieurs asook middelmanne wat voordeel trek uit SEB in die waardeketting – van steenkoollewering tot algemene verbruikbare items – deur buitensporige pryse te vra, het oor tyd Eskom se kostedoeltreffendheid 'n nekslag toegedien en uiteindelik gelei tot beurtkrag.

Gesaghebbende navorsing deur die Solidariteit Navorsingsinstituut toon dat Eskom in 2021 'n verlies van R9.1 miljard gely het en dat SEB die kragreus waarskynlik meer as R12 miljard gekos het.

Indien enige rassevereistes vir verkryging en registrasie van opwekkingsprojekte by die nasionale energie reguleerder (Nersa) nie geskrap word nie, sal die plan om Suid-Afrika van 'n energiekrisis te red, misluk.

Die VF Plus sal hom daarvoor bly beywer om aanstellings en verkrygings op meriete te laat plaasvind omdat SEB, soos dit deur die regering toegepas word, die deur geopen het vir wanadminsitrasie en korrupsie wat slegs 'n klein aantal individue bevoordeel het tot nadeel van Suid-Afrika.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.