Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sol-Plaatje: VF Plus-deelname verseker voortgesette dienslewering

Na ‘n week van hoogdrama het die Sol Plaatje-plaaslike munisipale raad op Saterdag 28 Februarie vergader om die aansuiweringsbegroting betyds goed te keur.

Dit volg ná opeenvolgende raadsvergaderings in wanorde geëindig het – die gevolg van die ANC se stoomrollertaktiek en opposisiepartye se weerstand daarteen.

Die aansuiweringsbegroting, ‘n vereiste ingevolge artikel 28 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA), moet jaarliks voor 1 Maart goedgekeur word. In opposisiegeledere was daar dreigemente om die vergadering te boikot en só verdere druk op die ANC te plaas. Die VF Plus het daarteen besluit en liewer gemeenskapsbelange bo politieke punte geplaas.

‘n Bykomende probleem was dat ‘n wettige raadsvergadering die teenwoordigheid van ‘n munisipale bestuurder vereis. Sol Plaatje se munisipale bestuurder, mnr. Thapelo Matlala, se posisie is egter tans die onderwerp van ‘n regsgeding.

Die VF Plus het voorgestel dat ’n waarnemende munisipale bestuurder slegs vir die duur van die vergadering aangewys word.

Die ANC het die uitvoerende direkteur vir gemeenskapsdienste, mnr. Khuza Bogacwi, voorgestel en die opposisie die uitvoerende direkteur vir korporatiewe dienste, me. René Godsson. Godsson is met 28 teenoor 26 stemme verkies.

Uiteindelik kon die vergadering voortgaan en die aansuiweringsbegroting is aanvaar. Die VF Plus sal aanhou veg vir wetlikheid, aanspreeklikheid en volhoubare dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.