fbpx
Vryheidsfront Plus

Slaggate in pad tussen Philipstown en Hanover eis lewens, soos lankal voorspel

Volgens berigte op sosiale media het slaggate op die R369 tussen Philipstown en Hanover in die Noord-Kaap Dinsdag twee lewens geëis. 'n Facebook-gebruiker wat foto's van die ongelukstoneel, sowel as die reuse slaggat op sy profiel geplaas het, beweer dat twee vragmotorbestuurders in 'n botsing dood is. Die een het volgens hom beheer oor sy voertuig verloor, nadat hy deur die slaggat gery het en toe die ander vragmotor getref.

Die VF Plus het hierdie botsing onsuksesvol met die polisie probeer bevestig. Die woordvoerder in Philipstown het slegs geantwoord dat hy die voorval nie kan bevestig nie, hoewel hy van so iets sou geweet het as dit gebeur het. In Hanover het die polisie geantwoord dat hulle van die ongeluk weet, maar dat dit in Philipstown se gebied plaasgevind het.

Hierdie ontwykings is waarskynlik daaraan toe te skryf dat die swak padtoestand herhaaldelik, maar onsuksesvol op verskillende regeringsvlakke aangemeld is. Die pad is op die roete van letterlik duisende swaar vragmotors wat erts elke week van mynbougebiede in die Kathu-Postmasburg-omgewing vir uitvoer na Port-Elizabeth vervoer. Daar word ook al vir jare beweer dat dit die voorkeurroete is, omdat weegtoerusting, om oorlading te polisieer, nie beskikbaar is nie. Tog is daar talle weegbrûe van boere en landboumaatskappye, wat vir die doel geakkrediteer sou kon word.

Die uiteinde van oorbelading en verwaarlosing is 'n pad wat vir die vervoerders van erts, sowel as die plaaslike inwoners lewensgevaarlik is. Dit laat nie alleen die fokus op swak padonderhoud val nie, maar ook op die noodsaak van verbeterde spoorwegverbindings en plaaslike waardetoevoeging tot mynbouprodukte.

Bemiddeling tussen die provinsiale owerheid en die eienaars van bestaande weegbrûe op die roete, is 'n bydrae wat die VF Plus graag sal lewer.

Navrae: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.