fbpx
Vryheidsfront Plus

Skande dat Hlaudi Motsoeneng beskerming kry en SAUK-8 nie

Dit is totaal onaanvaarbaar dat Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, deur ‘n span lyfwagte beskerm word terwyl die SAUK-8, van wie sommige al doodsdreigemente ontvang het, geen beskerming kry nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

Adv. Alberts sê die voorval waarin een van die agt, Suna Venter onlangs met vermoedelik ‘n windbuks in die gesig geskiet is, onderstreep die erns van die doodsdreigemente teen die joernaliste.

Venter was op pad na vriende toe sy buite ’n wegneem-eteplek in Linden geskiet is.

“Die polisie moet die dreigemente teen die joernaliste deeglik ondersoek om vas te stel wie daaragter sit. Die blote feit dat feitlik almal doodsdreigemente ontvang het, wys duidelik dat dit heel waarskynlik ‘n georkestreerde poging was om die joernaliste te intimideer en hulle tot swye te dwing.

“Die SAUK moet onmiddellik stappe neem om seker te maak die joernaliste kry ook beskerming. Indien dit nie gebeur nie, sal dié uitsaaier volle die verantwoordelikheid moet aanvaar indien een van hulle wel leed aangedoen word.

“Die VF Plus wens me. Venter ook spoedige en volkome herstel toe,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.