fbpx
Vryheidsfront Plus

Sekhukhune-distrik: Vingers wys na onderwysdepartement

Dit is onaanvaarbaar dat daar ná meer as 30 jaar steeds skole in Limpopo is wat nie oor die basiese infrastruktuur en opgeleide onderwysers beskik nie.

Dié probleme kan grootliks voor die provinsiale onderwysdepartement se deur gelê word wat onderwysers en leerders faal.

Dit het duidelik geblyk uit ʼn oorsigbesoek van die wetgewer se portefeuljekomitee vir onderwys aan skole in die Sekhukhune-distrik.

Van die grootste uitdagings waarmee skole gekonfronteer word, is;

• ʼn gebrek aan basiese infrastruktuur;
• ʼn gebrek aan skoon, lopende water;
• dwelmmisbruik – al het sommige skole wel rehabilitasieprogramme vir leerders in plek;
• laboratoriums sonder die nodige toerusting;
• onvoldoende klaskamers – daar is tot soveel as 52 leerders in ʼn klaskamer;
• ʼn tekort aan gekwalifiseerde onderwysers om gespesialiseerde vakke aan te bied.
.
In een spesifieke geval het ʼn skool nie ʼn wiskunde-onderwyser gehad vir die 2024-akademiese jaar nie. Die matriekslaagsyfer vir die vak in die betrokke skool was ʼn skamele 17%.

By een skool is daar honderde handboeke vir die 2025-akademiese jaar wat nog nie aan leerders uitgedeel is nie.

Beheerliggame funksioneer nie na behore nie en daar moet beter samewerking met die skoolbestuur bewerkstellig word.

Baie van die uitdagings wat skole in die provinsie ervaar, kan maklik opgelos word indien die onderwysdepartement self effektief bestuur word.

Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat daar van leerders en onderwysers verwag word om te presteer onder hierdie moeilike omstandighede.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.