fbpx
Vryheidsfront Plus

Riool verswelg inwoners aan die Wes-Rand

Terwyl munisipaliteite aan die Wes-Rand, wat insluit Merafong, Rand West en Mogale City, weens die ANC-regering se finansiële plundering en wanbestuur tuimel, word inwoners van dié dorpe verswelg deur riool wat in strate, mangate en by die Randfontein-watersuiweringswerke uitborrel.

Die VF Plus het op versoek van woedende inwoners van Randfontein en omgewing die Randfontein-watersuiweringswerke gaan besoek.

Riool stroom vryelik in die Tweelopie- en Bloubankspruite waar veral groenteboere rivierwater vir besproeiing gebruik.

Die bankrot Wes-Rand-distriksmunisipaliteit (WRDM) het reeds sy laaste stuiptrekkings gegee met werkers wat gereeld nie salarisse ontvang nie. Belangrike munisipale kwessies soos gesondheid, omgewingsbewaring en gemeenskapsveiligheid wat distriksaangeleenthede is, bly agterweë.

Dit is duidelik dat die drie weke lange munisipale staking sy tol geëis het en met werkers se terugkeer is daar geen oënskynlike verbetering nie.

Die situasie is vir die VF Plus onaanvaarbaar en die party gaan nie die kwessie daar laat nie. Die voortslepende en knaende betogings en vandalistiese stakings van munisipale werkers van die Rand West-plaaslike munisipaliteit is en bly die verantwoordelikheid van die munisipale bestuurder en die regerende party op plaaslike en provinsiale vlak.

Die VF Plus het die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (CoGTA), Lebogang Maile en die LUR vir gesondheid, dr. Bandile Masuku, gevra om in te gryp en die situasie te beredder.

Kontaknommer: 071 604 9498

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.