fbpx
Vryheidsfront Plus

Johannesburg-metro bereik ontwikkelingsteiken van R32 miljard

Die Johannesburgse metroraad het vandeesweek 55 eiendomme in die Orange Grove-/Hougton-gebiede aan private ontwikkelaars beskikbaar gestel.

Hierdie beskikbaarstelling van eiendomme vorm deel van Johannesburg se herontwikkelingsplan vir noodsaaklike studente- en bekostigbare behuising.

Die metroraad het vanjaar reeds 29 bykomende eiendomme vir dieselfde doel beskikbaar gestel wat die totale ontwikkelingsplan op R22 miljard te staan bring.

Die bousektor word ook positief beïnvloed met die skep van meer as 11 000 werksgeleenthede in die konstruksiebedryf.

Die veelparty-koalisie in Johannesburg het met hierdie reuse projek vir die eerste keer in die stad se geskiedenis die beoogde ontwikkelingsteiken van R32 miljard bereik.

Nog ‘n pluspunt is dat die ontwikkeling langs die openbare busvervoernetwerk (Bus Rapid Transit) geleë is om pendelaars die geleentheid te gee om van dié gerief gebruik te maak om die verkeersdruk op paaie te help verlig.

Die VF Plus as vennoot in Johannesburg se koalisieregering beskou die herontwikkelingplan as een van die doelstellings om Johannesburg ekonomies tot voordeel van al sy inwoners te laat groei.

Kontaknommer: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.