Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Riool oorstroom OK-gebou in Vanderbijlpark se parkeerterrein

Die VF Plus het inwoners van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gewaarsku om die munisipaliteit se klientedienssentrum op die grondvloer van die OK-gebou in Vanderbijlpark tydelik te vermy ná die parkeerterrein oorvloei is met riool.

Dit het ʼn ondraaglike stank veroorsaak wat die parkeergebied en gebou ongesond en ontoeganklik maak.

Die rioolprobleem, wat Donderdagoggend steeds voortgeduur het, is nie ’n eenmalige voorval nie.

Sedert die munisipaliteit die gebou begin huur het, was daar reeds sewe soortgelyke voorvalle waarvan drie in 2025 was.

Die herstel- en skoonmaakwerk neem telkens dae, terwyl die gebou se lugversorgers boonop nie funksioneer nie. Dit vererger die situasie.

Die munisipaliteit betaal R1,3 miljoen per maand om die vierverdiepinggebou, wat verskeie departemente huisves, te huur.

Ingevolge die huurooreenkoms is die munisipaliteit self verantwoordelik vir die instandhouding van die gebou.

Die VF Plus het die owerheid reeds in kennis gestel en versoek dat die probleem dringend aandag kry.

Verskeie inwoners het Woensdag hul misnoeë met die VF Plus gedeel, terwyl amptenare wat in die gebou werk, ’n formele klag aan die Gautengse provinsiale regering en Emfuleni se departement van omgewingsgesondheid gerig het.

Hulle eis dat die situasie ondersoek en onmiddellik reggestel word.

Die Arbeidswet vereis dat werknemers in ’n skoon en veilige omgewing moet werk. Indien die rioolprobleem nie spoedig opgelos word nie, sal die party daarop aandring dat die kantore gesluit word totdat die gebou ontsmet is.

Die VF Plus sal die perseel weer besoek om die situasie te monitor en, indien geen aksie geneem word nie, die burgemeester, Sipho Radebe, direk kontak om die dringendheid van die saak te beklemtoon.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.