fbpx
Vryheidsfront Plus

Rehabilitering van misdadigers word geminag

(Begrotingsdebat in parlement: Korrektiewe dienste)

Die doel van korrektiewe vonnis is straf, maar ewe belangrik is die rehabilitering van oortreders wat weer hul plek in die gemeenskap moet inneem.

Daarom is dit onaanvaarbaar dat slegs 8,6% van die begroting vir korrektiewe dienste aan sy rehabilitasieprogram bestee word.

Dit beteken bloot dat ongerehabiliteerde misdadigers teruggeplaas gaan word op straat, terwyl dit alombekend is dat talle vrygelate misdadigers hulle weer tot misdaad wend.

Die feit dat die rehabilitasieprogram geminag word, het daarom ‘n direkte impak op almal in die land.

Die departement het ‘n mandaat en ‘n verpligting om sy naam gestand te doen deur oortreders te help om weer ‘n produktiewe bydrae tot die samelewing te lewer.

Tog is die toedeling van slegs 8,6% vir rehabilitasie op een na die laagste van die departement.

Die kwessie van persone wat op parool vrygelaat is, sluit daarom direk hierby aan.

Die parlementêre portefeuljekomitee vir korrektiewe dienste het in sy 2021-begrotingsverslag sy kommer uitgespreek oor die bestuur van die bykomende 19 000 gevangenes wat op parool vrygelaat gaan word.

Die departement is versoek om die komitee van gedetailleerde planne te voorsien oor hoe gemeenskapskorreksies beplan om met die aangeleentheid te handel.

Daar is nog geen antwoord hierop ontvang nie en die situasie is onaanvaarbaar, veral in die lig van die land se hoë misdaadvlakke.

Steeds moet die departement daarvan kennis neem dat sy begroting vir die 2024/25-finansiële jaar gesny gaan word en daar sal deeglik beplan en besin moet word oor die optimale aanwending van fondse.

Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van verkeerde prioriteite tot nadeel van almal in die land. Suid-Afrika en sy mense verdien beter as die ANC.

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.