Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Regering plaas hindernisse in weg van ekonomiese herstel, nie oplossings

Suid-Afrika se ekonomiese herstelplan skep geen vertroue nie en die regering plaas hindernisse in die weg van ekonomiese herstel eerder as om oplossings te bied.

Drie van die vier prioriteite wat president Cyril Ramaphosa tydens sy onlangse staatsrede uitgelig het om groei aan te help, is in werklikheid hindernisse. Slegs een spreek tot die werklike herstel van die land en sy ekonomie.

Minister Ebrahim Patel het vandag in die parlement die departement van handel, nywerheid en mededinging se analise van die staatsrede op die pad na ekonomiese herstel uitgespel.

Die stryd teen Covid-19, transformasie van die ekonomie deur middel van regstellende aksie (RA) en die stryd teen korrupsie, kom teen ‘n premie, en slegs die versnelling van ekonomiese groei en herstel is daarop gerig om werksgeleentheid te skep.

Die afskaal van die departement se begroting in reële terme oor die volgende drie jaar, inflasie bygereken, is kommerwekkend en onvoldoende vir die skep van ‘n klimaat waarin die land se ekonomie kan groei.

Die departement sal nie sonder ‘n totaal nuwe uitkyk en aanpassing van sy fokusareas en verwagte uitkomste, beter resultate behaal as wat in die verlede gerealiseer het nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.