fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaat: Provinsiale rede ‘n onrealistiese herhaling van beloftes

Die provinsiale rede van die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, bevat weereens verskeie leë beloftes en herhaling van vorige mislukte planne.

Die premier het vandag “met trots” gesê dat meer as 40% van die Vrystaat se inwoners afhanklik is van maatskaplike toelae. Dit is hoegenaamd nie ‘n prestasie nie en wys eerder op die mislukking van die Vrystaatse regering om ekonomiese groei te stimuleer.

Ekonomiese groei sal slegs gestimuleer word wanneer infrastruktuur in stand gehou en ontwikkel word. Sakeondernemings word belemmer deur Vrystaat-munisipaliteite wat nie basiese dienste lewer nie. Geen sakeonderneming kan optimaal funksioneer sonder betroubare water- en elektrisiteitsvoorsiening nie.

Vandag is aangekondig dat slegs fase een van die Botshabelo Industriële Park voltooi is, alhoewel die premier verlede jaar belowe het dat die totale projek teen einde 2020 gefinaliseer sou wees. Die premier het weer die R1 miljard-belegging in die Maluti-a-Phofhung spesiale ekonomiese sone herhaal. Jaar na jaar word beloftes hieroor gemaak.

Die premier erken dat munisipaliteite ‘n enorme bron van kommer is en niks is om op trots te wees nie, maar spog dat sowat R280 miljoen se voorwaardelike toekennings vir munisipale infrastruktuur (MIG) bestee is teen einde Desember 2020.

Dit is ‘n druppel aan die emmer, aangesien dit slegs op 38% besteding van hierdie toekenning neerkom. Nasionale tesourie het dié toekenning in die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit met R26 miljoen verminder weens die onderbesteding.

Terwyl die Vrystaat die episentrum vir korrupsie en staatskaping in Suid-Afrika is, faal die premier om dit aan te spreek en het sy slegs lippetaal oor dié brandpunt gelewer.

Die Covid-19-inentingsplan wat die premier vandag aangekondig het, is onrealisties en die berekening van hierdie jaar se teiken klop nie. Sy noem dat 2 042 inentings per dag gedoen sal word, maar voorspel sowat 1.9 miljoen inentings vir dié jaar. Dit sal slegs op sowat 630 000 inentings neerkom. Die Vrystaat kon tot op hede slegs 4803 inentings doen.

Die oorlog teen geslagsgeweld sal ook nie gewen word wanneer daar slegs een veilige hawe en vyf skuilings in die hele Vrystaat hiervoor is nie.

Die premier se openingsrede bied geen hoop op ‘n beter Vrystaat nie. Dit is duidelik dat die ANC-regering misluk. Die inwoners verdien ‘n verantwoordbare regering sonder korrupsie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.