fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering moet ophou met politieke speletjies om water en Israel se kundigheid gebruik

Die waterskaarste in Suid-Afrika is ‘n nasionale krisis en politici soos Shaik Emam van die NFP en die adjunk-minister van water en sanitasie, me. Pamela Tshwete, mag dit nie gebruik om goedkoop politieke punte te probeer aanteken nie.

Suid-Afrika is ‘n droë land en daarom moet elke geleentheid gebruik word om die probleem te behandel.

Die eksperts op die gebied van waterherwinning in die wêreld is Israel en Suid-Afrika moet sonder skroom by dié land kers opsteek om sy waterprobleem op te los.

Israel herwin 90% van sy water. Indien Suid-Afrika dit kan doen, kan sy watervoorraad verdubbel. Die land wat naas Israel die beste op die gebied van herwinning vaar, is Spanje met 20%. Weens politieke- en ander redes weier Suid-Afrika egter om van Israel se kundigheid gebruik te maak.

Wanneer dit by iets soos water kom, is daar nie plek vir politieke speletjies nie. Water is lewe. Selfs vir Nasa is die opspoor van water allerbelangrik.

Die ANC-regering moet ernstig raak oor water. Gaan en vind die beste metodes om water te kry. Gaan na Israel en bring daardie tegnologie na Suid-Afrika om water te verskaf aan al die mense van Suid-Afrika.

Die ANC wil dit weens goedkoop politiekery nie doen. Hy moet net besef hy sal nie hierdie hulp van die Wesbank kry nie.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.