fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering ‘bedag’ op finansiële tegnologiese ontwikkelings

Suid-Afrika se regering is deeglik bewus van tegnologiese ontwikkelings rakende virtuele of kripto-geld en het reeds ‘n interministeriële werkgroep geskep wat dit in samewerking met kundiges uit die private sektor monitor met die oog op moontlike regulering.

Dit blyk uit geskrewe vrae van adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, aan die minister van finansies, Malusi Gigaba. (Vrae en antwoorde meegaande).

Die vrae was wat die regering se posisie is ten opsigte van die ontwikkelende mark vir kripto-geldeenhede, en of die regering van voorneme is om die mark te reguleer?

Luidens die antwoord van die minister is ‘n interministeriële werkgroep in Desember 2016 op die been gebring om aandag te skenk aan moontlike beleidformulering ten opsigte van die onderskeie vorms van die “vinnig groeiende” finansiële tegnologie (fintech), insluitend kripto-geldeenhede.

In die antwoord word erken dat virtuele geld tans nie gereguleer word nie, en die publiek word gewaarsku om bedag te wees op die risiko's verbonde aan die gebruik van virtuele geldeenhede vir transaksies of beleggings.

Adv. Alberts sê dit is belangrik dat daar ‘n balans moet wees tussen innovasie en beskerming van verbruikers en beleggers.

Hy sê die fenomeen van finansiële tegnologie is nou eers in sy kinderskoene en gaan tans deur wispelturige ontwikkelingsfases soortgelyk aan die Internet in sy beginfase, maar uiteindelik sal daar waarskynlik ‘n stabiele fase intree waar van die suksesvolle virtuele geldeenhede naas nasionale fiat-geldeenhede sal bestaan.

“Daar is tans ook baie potensiaal in die gebruik van die onderliggende blokketting-tegnologie vir doeleindes anders as die skep van virtuele geld. Blokketting-tegnologie is ’n goedkoop, effektiewe en toenemend veilige manier om transaksies te doen en om geld van een persoon of instansie na ’n ander oor te plaas.

“Die VF Plus neem ook kennis van die Orania-inisiatief om sy geld in virtuele geld om te skakel. Die projek sal ‘n goeie toets wees vir die gebruik van plaaslike virtuele geld.

“Virtuele geld en blokketting-tegnologie het die vermoë om die finansiële sektor wêreldwyd ingrypend te desentraliseer en gewone banke en ander finansiële instellings soos ons hulle ken uit te wis of geweldig te verander. Die implikasies vir regerings is nog groter, want die tegnologie stel belastingbetalers in staat om salarisse te ontvang en handel te dryf in geldeenhede wat nie spoorbaar of sigbaar is nie binne nuwe virtuele ekonomiese stelsels.

“Die implikasies vir regerings – in hierdie geval die ANC – is dat daar spoedig legitieme betaalmiddele en ekonomiese ekostelsels gaan ontstaan wat buite die SAID se beheer gaan wees en dat die groot wens van meeste belastingbetalers om nie ‘n sent aan die korrupte ANC te gee nie, wel moontlik kan word.

“Die ondersoek wat die ANC-regering tans loods na die moontlike regulering van virtuele geld gaan heel moontlik uiteindelik kragtelose wetgewing die dag laat sien omdat geen wet die virtuele stelsel wat globaal en anoniem is, sal kan beheer nie.

Daarom, indien die tegnologie wel die potensiaal verwesenlik waartoe dit in staat is, sal dit nie net banke oorbodig maak nie, maar kan dit ook regerings tot ‘n val bring,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

NATIONAL ASSEMBLY

QUESTION FOR WRITTEN REPLY
QUESTION NUMBER: 1984 [NW2196E]
DATE OF PUBLICATION: 23 JUNE 2017

1984. Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Finance:
(a) What is the Government’s position with regard to the developing market for crypto currencies and (b) whether he intends to regulate the market?
NW2196E
REPLY:

The position on virtual or crypto-currencies is that they are currently not regulated (they operate without the authority of central banks). An alert to this effect was issued jointly by the National Treasury, the South African Reserve Bank (SARB), the Financial Services Board (FSB), the South African Revenue Service (SARS) and the Financial Intelligence Centre (FIC) on 18 September 2014 (attached Annexure A – available on www.treasury.gov.za), which cautioned members of the public to be aware of the risks associated with the use of virtual currencies for either transactions or investment. As noted, the relevant authorities continue to monitor and assess the use of virtual currencies and consult with private sector stakeholders in this regard. Further guidance or regulations may be issued, should the need arise.

While the above position still applies, the National Treasury together with the SARB, FIC, and FSB have also established an Intergovernmental Fintech Working Group in December 2016, to develop an approach and potential revised policy stance towards fintech, including crypto-currencies, and to deal with fast-emerging fintech matters in the financial sector, like crowdfunding, robo-advice, machine learning and alternate payment platforms. A balanced approach is being taken, which is supportive of the objectives of enhanced innovation, competition and financial inclusion in the financial sector, while also reviewing risks related to financial customer protection, money laundering and financial stability.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.