“Indien die minister van polisie, Nathi Nhleko, ‘n aanbod van R 20 miljoen aan lt. genl. Anwa Dramat aanbied om afstand te doen van sy pos as hoof van die Valke, is dit niks anders as korrupsie nie. Dit is die misbruik van belastinggeld om ‘n doel te bereik (om Dramat te verwyder) wat die hooggeregshof en grondwethof reeds as onwettig bevind het. Indien Dramat die aanbod aanvaar, maak hy hom ook skuldig aan korrupsie. Indien so aanbod deurgevoer word sal die Vryheidsfront Plus die Openbare Beskermer versoek om dit te ondersoek,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.
“Belastinggeld word te maklik misbruik om mense goue handdrukke te gee om van hulle ontslae te raak. Indien ‘n amptenaar vrywillig besluit om uit te tree moet die normale reëls van die betrokke pensioenfonds geld en kan belastinggeld nie gebruik word as geelwortel nie,” het Groenewald gesê.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403