fbpx
Vryheidsfront Plus

Protesaksies kos Gauteng glo al R65 miljoen

Voortslepende gewelddadige protesaksies kos die Gautengse regering glo al meer as R65 miljoen, sê Amanda de Lange, woordvoerder vir die VF Plus in Gauteng.

Die onlangse myn-verwante protesaksies in Kagiso het ‘n verlies van sowat R850 000 net vir Mogale City meegebring, sê sy.

“Ten tyde van die geweldsvoorvalle in Januarie, het die minister van binnelandse sake, Naledi Pandor, gesê dit is inwoners se ‘demokratiese reg’ om teen swak dienslewering te protesteer. Sy het die polisie ook gemaan om nie geweld te gebruik nie, ongeag die protesgangers se optrede.

“Dit is onsin. Om protes aan te teken deur infrastruktuur en private eiendom te beskadig, het die norm geword in Suid-Afrika. Al hoe meer mense neem die reg in eie hande.

“Die feit dat die regering hom aan die kant van die geweldenaars skaar, is duidelik ‘n minagting van die regte van belastingbetalers, asook van die geldelike implikasies wat die optrede inhou.

“Gauteng se uitvoerende raadslid vir samewerkende regering, tradisionele aangeleenthede en menslike nedersettings, Ntombi Mkgwe, het ten beste ‘n flou waarskuwing gerig tot protesteerders om nie openbare geriewe aan die brand te steek ten tyde van protesaksies nie.

“Hy het gesê dit is duur om skade voortdurend te herstel en die regering kan nie dadelik geriewe herbou of vervang nie. Tog word geen konkrete stappe deur die regering geneem om in te gryp nie,” sê De Lange.

Volgens De Lange is hierdie ongeërgde houding van die regering ‘n klap in die gesig van wetsgehoorsame burgers.

Sy sê die regering dwing sodoende onskuldige en wetsgehoorsame mense om te betaal vir die skade wat vernielsugtiges aanrig om hul misnoeë te kenne te gee met ‘n regering wat hulle self gekies het .

 

Amanda de Lange

Kontaknommer: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.