Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Probleme by SA Express is diepliggend

Die drie hoofredes waarom alle SA Express-vliegtuie se vlerke vandag sonder seremonie geknip is, onderliggend aan die probleme van die SAL, staatsentiteite, munisipaliteite en alles onder beheer van die ANC-regering: Wanbestuur, onbevoegdheid en korrupsie.

Die Burgerlugvaartowerheid het vandag van die lugvaartbedryfsertifikate en lisensies van SA Express opgeskort.

Dit is veral kommerwekkend dat die lugvaardigheidsertifikate van nege van SA Express se 21 vliegtuie ook opgeskort is en die vraag moet gevra word hoe lank die bestuur van die lugdiens bewus was van gebrekkige onderhoud aan die vliegtuie, maar steeds toegelaat het dat dit vlieg met groot risiko vir sy passasiers en die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel.

Die finansiële krisis van SA Express wat direk tot die swak toestand van hul vliegtuie gelei het, is veroorsaak deur jarelange swak bestuur.

SA Express en SAL is tans geensins finansieel volhoubaar nie en is slegs ‘n geweldige las vir die belastingbetaler. Die regering moet gereeld vir beide staatsentiteite se skuld borg staan en miljarde rande se belastinggeld bestee aan reddingspogings. Hierdie ondernemings het geen winsmotief nie, aangesien hulle altyd deur die staat gered word.

Wanbestuur, nalatigheid en korrupsie het tot die verval van die eens internasionaal kompeterende lugredery gelei. Die VF Plus is van mening dat hierdie staatsentiteite geprivatiseer moet word.

Die beoogde samesmelting van SAL, SA Express en Mango gaan nie die entiteite red nie. Dit gaan eerder tot groter agteruitgang lei, veral tot nadeel van Mango wat tans die suksesvolste van die drie is.

Die opskorting van SA Express se vlugte dui daarop dat hierdie samesmelting slegs tot nadeel van SAL en Mango sal strek.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.