fbpx
Vryheidsfront Plus

Pres. Zuma moet aankoop van nuwe straler stop om te wys hy is ernstig oor geldbesparing

Pres. Jacob Zuma moet summier die planne om ‘n nuwe straler van R4 miljard vir hom te koop stopsit om aan die bevolking van Suid-Afrika te wys hy is ernstig oor geldbesparing, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor die presidensie.

Dr. Groenewald het vandag met die begrotingsposdebat van die presidensie gesê die debat gaan oor die goedkeuring van geld vir die pos van president. Dit is ‘n debat oor die aanwending van belastinggeld vir die president om te funksioneer.

Hy sê dit is bekend dat die minister van finansies onlangs gesê het die land het nie geld nie en dat Suid-Afrika eers ‘n behoorlike groeikoers en ‘n groter inkomste moet kry voordat streng besparingsmaatreëls opgehef kan word.

“Dit is daarom belangrik dat die president as die land se eerste burger die voortou moet neem met besparing sodat die publiek kan sien die regering is ernstig daaroor.

“Ongelukkig het die president oor Nkandla telkemale die blaam na ander probeer verskuif en gesê die besteding by sy woning was uit sy hande. Selfs in sy verskoning aan die publiek het hy die skuld op sy regsverteenwoordigers probeer skuif.

“Daar is tans ‘n proses aan die gang om vir die president ‘n straler van R4 miljard te koop. Ek wil vanaand vir hom sê hy moet hierdie proses stop sodat hy nie later kan sê hy het nie geweet nie.

“Die Boeing 787–straler is wat ryk, ontwikkelde lande kan bekostig. Ons is ‘n ontwikkelende land in geldnood. Ons groeikoers is onder 1%, maar die president wil ‘n vliegtuig koop van R4 miljard. Daar kan 15 000 tot 20 000 huise vir arm mense gebou word met daardie geld.

“Daar is niks fout met die huidige vliegtuig nie. Die president word nou weer mislei. Dis soos ‘n man met ‘n duur motor wat net 60 000 km gery het en waarvan die battery een oggend pap is. Dan wil hy ‘n nuwe motor koop.

“Dis onnodig. Sit hierdie vermorsing stop. Wys aan die nasie dat u as president ernstig oor besparing is,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.