fbpx
Vryheidsfront Plus

Polokwane-waterkrisis: Geen water vir inwoners, maar klag oor lekkasies word geïgnoreer

Alhoewel die Polokwane-plaaslike munisipaliteit gebuk gaan onder waterbeperkings en inwoners maan om water spaarsamig te gebruik, word ‘n gerapporteerde lekkasie in die bo-dorp van Polokwane bloot deur die munisipaliteit geïgnoreer.

Die lekkasie is aan die wyksraadslid asook die munisipaliteit gerapporteer en daar is selfs na die plaaslike koerant uitgereik in die hoop dat dit vrugte sou afwerp.

Inwoners van Polokwane is afhanklik van watertenkwaens vir water, maar moet noodgedwonge water aankoop vir huishoudelike gebruik aangesien daar geen waarborg is dat ‘n watertenkwa in die gebied diens sal lewer nie.

Die Menseregtekommissie (MRK) het in Februarie vanjaar juis ‘n sitting met kommissarisse gehad oor die probleem met waterlekkasies en inwoners se grondwetlike reg tot skoon en betroubare watervoorsiening.

Buiten vir die waterkrisis, ervaar inwoners van Ivypark, Ivydale en dele van Florapark ook ‘n toename in kriminele aktiwiteite en staar ‘n gesondheidsrisiko in die gesig. Haweloses sonder ablusiegeriewe het in Voortrekkerpark begin woon en is besig om die park se infrastruktuur en die natuur te vandaliseer deur bome af te kap vir vuurmaakhout.

Die VF Plus het beide gevalle tydens portefeuljekomiteevergaderings van die munisipale water en sanitasie- en gemeenskapsveiligheidskomitee geopper, maar geen reaksie is ontvang nie.

Dit wil voorkom of dienslewering, die inwoners se veiligheid en die verval van Polokwane nie vir die munisipaliteit ‘n prioriteit is nie.

Die VF Plus sal die sake nie daar laat nie en gaan dit ook opneem met die uitvoerende burgemeester, Thembi Nkadimeng, en die munisipale bestuurder, Ndavhe Ramakuela.

Inwoners word verseker dat die VF Plus volgehoue druk op die munisipaliteit en departemente sal plaas om inwoners se reg op noodsaaklike dienslewering en ‘n veilige omgewing te verseker.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.