fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisie kan publiek nie meer beskerm, sê VF Plus na bylaanval

Die polisie is nie meer in staat om die publiek te beskerm nie, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng en lid van die provinsiale wetgewer, na die noodlottige bylaanval op mnr. Laslow Bercsényi van Bon Accord buite Pretoria die naweek. Sy eggenote Carol is steeds ernstig in die hospitaal.

‘n Disfunksionele misdaadintelligensie-eenheid en swak opgeleide speurdiens maak dit maklik vir geweldsmisdadigers om weerlose teikens aan te val en daarmee weg te kom. Mulder wat die afgelope 10 jaar as lid van die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng gedien het, het gesê dat ‘n effektiewe misdaadintelligensiestelsel ‘n absolute voorvereiste vir die voorkoming van misdaad is en dat die eenheid vir ‘n geruime tyd reeds ‘n politieke speelbal geword het en vir lank sonder ‘n bevelvoerder en kundige lede moes funksioneer.

Verder het minder as 30 persent van alle speurders in Gauteng enige vorm van speuropleiding ondergaan en die department van gemeenskapsveiligheid het vir ‘n geruime tyd met ‘n vakaturekoers van 30 persent moes klaarkom.

Daar kan geen sprake van misdaadvoorkoming en ondersoek onder die omstandighede plaasvind nie. In soverre die Suid-Afrikaanse grondwet die veiligheid van sy burgers waarborg, het die staat reeds gefaal.

Suid-Afrikaners sal op grootskaal verantwoordelikheid moet neem vir hul eie veiligheid en ook hul protes by die stembus toon om van ‘n disfunksionele ANC-regering ontslae te raak.

 

 

Kontak: 082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.