fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasmoord beklemtoon nood vir samewerking tussen polisie en plaasgemeenskappe

Die grumoord op die 52-jarige Gideon Swart op sy plaas net buite Emgwenya/Waterval Boven in die Emakhazeni-plaaslike munisipaliteit (Dullstroom, Emgwenya/Waterval Boven, eMakhazeni, eNtokozweni/Machadodorp) dien as bewys dat plaasgeweld nog steeds nie 'n prioriteit vir die owerhede is nie.

Swart se liggaam is Vrydag gevind met steekwonde aan sy rug en maag en ’n gordel om sy enkels. Volgens 'n polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdluli, is ’n saak van moord geopen en ’n soektog na die moordenaar is van stapel gestuur.

Die VF Plus het ná die voorval ’n versoek aan die plaaslike LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, gerig om samewerking tussen die polisie en landelike gemeenskappe te prioritiseer.

Dit is broodnodig dat owerhede direk met die plaasgemeenskappe saamwerk, veral aangesien hierdie slagoffers gewoonlik afgeleë leef.

Die party het ook versoek dat nabygeleë polisiekantore die plase in hul omgewing moet patrolleer, nie net om sigbare polisiëring toe te pas nie, maar ook om gereeld by plaaseienaars besoek af te lê.

Landelike veiligheid is heel bo-aan die party se prioriteitslys van veiligheidskwessies en die party is bereid om met plaaslike owerhede saam te werk om seker te maak dat landelike gemeenskappe beveilig word.

Die VF Plus se meegevoel gaan uit na die oorledene se naasbestaandes in hierdie moeilike tyd.

Die party sal daarna streef om toe te sien dat sy dood nie sonder gevolg sal wees nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.