fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasaanvalle: Lewende monumente gee hoop

Gru plaasaanvalle is steeds aan die orde van die dag terwyl die regering hom daarteen blind staar en president Cyril Ramaphosa nou selfs ‘n skokkende aanval op wittes gedoen het deur almal onder een kombers van rassisme te beskuldig.

Die oorlewendes van alle plaasaanvalle is egter lewende monumente van die werklikheid van dié euwel en moet gerespekteer word.

Die afgelope naweek is weereens gekenmerk deur gru-plaasaanvalle oor die lengte en breedte van die land. In een van hierdie aanvalle, is Schalk en Lana Coetzee van die Reivilo-distrik aangeval en wreed gemartel, onder meer met kookwater. Albei is ernstig beseer.

Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat sulke barbaarse geweld steeds aan die orde van die dag is in Suid-Afrika. Die regering spreek hom uit oor die dood van een persoon in Amerika na aanleiding van polisiebrutaliteit, maar is grafstil as dit kom by die brutale aanvalle en moorde op die burgers van Suid-Afrika.

Van die aanvallers in die aanval op die Coetzee-egpaar is reeds in hegtenis geneem, te danke aan die spoedige optrede van verskeie veiligheidsgroepe, vanaf Vryburg tot die Schweizer-distrik en die polisie.

Hierdie mans en vroue se goeie werk moet erken word. Dit beklemtoon net weer die onontbeerlike bydrae wat hierdie groepe lewer en dien as bewys dat die VF Plus die afgelope maande nie verniet geveg het om buurt- en plaaswagte weer toegelaat te kry om hul belangrike werk te doen nie.

Enige persoon wat ‘n plaasaanval oorleef, is ‘n monument wat getuig van deursettingsvermoë en durf in haas ondenkbare omstandighede in ‘n voortdurende stryd teen ‘n regering wat die landbou-gemeenskap nie ter wille is nie.

Die VF Plus dra die familie, vriende en naasbestaandes van Suid-Afrika se landbou-gemeenskap op aan die Allerhoogste.

Die VF Plus bedank die plaas- en buurtwagte, elke persoon betrokke by die berading van die slagoffers, asook elke boer wat ten spyte van die aanslae en aanvalle steeds aanhou om kos te produseer vir die land.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir die regte van elkeen van hierdie slagoffers.

Navrae: 079 885 1135 / 065 215 4897

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.