Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Petrolprys met gedereguleer word

Faktore soos ‘n swak wisselkoers wat die prys van petrol in Suid-Afrika na rekordhoogtes voer, werk uiters stremmend in op die land se ekonomie en die deregulering van petrol is feitlik die enigste opsie om onafwendbare verdere verhogings effens te versag, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het sy stem ook by dié van die VF Plus gevoeg en gevra dat die gemeenskap druk op die regering uitoefen om die prys van petrol te dereguleer soos reeds met diesel gedoen is.

Volgens adv. Alberts is daar geen einde in sig wat verdere stygings in die petrolprys aanbetref nie. Hy sê deregulering sal lei tot kompetisie in die mark, en kompetisie is altyd goed om pryse af te dwing. Tans besluit net die staat wat die prys is.

“Benewens die swak wisselkoers van die rand teenoor die dollar en die prys van ru-olie wat grootliks die prys bepaal, is dit tans winter in Europa en is daar ‘n groter aanvraag na brandstof wat tot verdere verhogings kan lei,” sê adv. Alberts.

In Suid-Afrika kan die wankelende e-tolstelsel ook ‘n groot invloed in die afsienbare toekoms hê.

Indien die stelsel in duie stort, wat tans ‘n wesenlike moontlikheid is, kan die skuld vir die stelsel net deur ‘n verdere heffing op brandstof verhaal word, iets wat nog deurentyd deur die VF Plus bepleit is in die plek van e-tol.

In hierdie stadium is die staatsbelasting op brandstof net meer as R2 per liter (volgens die AA) terwyl 96 sent (op ‘n prys van R13) na die padongelukkefonds gaan. Laasgenoemde gaan waarskynlik ook binnekort verhoog word.

“In die geval van diesel het deregulering nie ‘n wesenlike verskil in die prys gemaak nie, maar elke sent wat die verbruiker in hierdie moeilike ekonomiese tye kan spaar, sal uiters welkom wees en moet gedoen word,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.