Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Partytjie-premier moet ag slaan op opposisie se waarskuwings

*NOTA aan joernaliste: Hier volg 'n uittreksel uit VF Plus-LPW, Tammy Wessels, se toespraak tydens die begrotingsposdebat van die Vrystaatse Premier.

Die nuut verkose premier van die Vrystaat, me. Sisi Ntombela het haarself reeds gedurende haar eerste week in die amp as 'n partytjie-premier ontbloot. Indien sy voortgaan om geld te verkwis aan luukshede en nie die ernstige probleme wat die provinsie ervaar aanspreek nie, sal haar nalatenskap net so sleg soos die van haar voorganger wees.

Deur ‘n peperduur partytjie van miljoene rande vir haarself en die voormalige premier, Ace Magashule, te hou terwyl daar ernstige begrotingstekorte bestaan, is nie 'n goeie begin van haar ampstermyn nie.

Die voormalige premier het vermanings van die opposisie oor verskeie aangeleenthede, soos die Vrede-suiwelprojek geïgnoreer. Die nuwe premier was self 'n LUR in sy kabinet wat doelbewus die rooiligte oor die gefaalde projek geïgnoreer het.

Dit is nou te laat vir die Vrystaatse regering om te sê hulle gee hul volle samewerking aan die Valke met hulle ondersoek en dat hulle alle vorme van bedrog en korrupsie veroordeel. Die ANC-regering het 'n doelbewusde volstruisbenadering oor die Vrede-suiwelprojek gehad terwyl die selfverryking van kaders plaasgevind het. Die ANC is daarom verantwoordelik vir die honderde miljoene rande wat uit die Vrystaat se staatskas gesteel is.

Die VF Plus sal die premier fyn dophou en verantwoordbaar hou in die hoop dat sy nie haar bynaam as partytjie-premier verder gestand sal doen nie. Sy moenie soos haar voorganger belê in duur motors, tydskrifte en ekspo's oor dienslewering eerder as om die mense van die Vrystaat se diensleweringsbehoeftes te prioritiseer nie.

 

Kontaknommer: 082 490 6663

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.