fbpx
Vryheidsfront Plus

Parlementêre debat: Bou van ‘n ontwikkelingstaat vir groei en ‘n inklusiewe, werkskeppende ekonomie – Geen sprake van ontwikkeling solank ANC regeer

Suid-Afrika se ekonomie het in duie gestort. Die land is nie ‘n ontwikkelende staat nie, maar is vinnig besig om ‘n mislukte staat te word. Geen plan sal iets daaraan verander solank as wat die ANC regeer nie.

Plaaslike regering stort in duie, daar is geen dienslewering nie en munisipaliteite regoor die land is disfunksioneel.

Solank daar beleidonsekerheid is oor sekere kernaspekte, ook by die ANC, sal die ekonomie nie groei nie. Dit sal ook nie groei solank Cosatu en ander vakbonde die regering gyselaar hou nie.

Suid-Afrika se ekonomie is in ‘n krisis. Die minister van finansies, Tito Mboweni, het verlede week goeie voorstelle oor ekonomiese groei gemaak in ‘n openbare dokument wat in skrille kontras staan met die uitsprake van ander regeringsdepartemente.

Die minister van arbeid is byvoorbeeld meer besorg oor gelykheid en kwotas as oor werkloosheid. Daar is werksverliese in feitlik alle sektore van die ekonomie en die ANC sal moet ag slaan op die standpunte van nasionale tesourie wat ‘n verslapping in striemende arbeidswetgewing voorstel wat werkgeleenthede sal skep.

Lynreg met die siening van die departement van arbeid, stel minister Mbowni voor dat wetgewing verslap moet word vir klein- en mediumgroot ondernemings wat van die grootse werkverskaffers in die land is.

Tog misluk byna 80% van hierdie ondernemings in die eerste jaar van hul bestaan aangesien die stelsel hulle benadeel.

Nog ‘n voorstel is dat hierdie ondernemings kwytgeskeld moet word van die minimum-loon indien dit nie bekostig kan word nie. Dit is sinvol en sal ontwikkeling aanwakker. Cosatu, die stert wat die ANC-hond swaai en wat net in eiebelang optree, sal so ‘n voorstel natuurlik in die wiele ry.

Wanneer ‘n regering misluk en die ekonomie kom tot ‘n stilstand, word die skuld gewoonlik op iemand anders gepak. Hieroor is baie voorbeelde in die geskiedenis. Die ANC-regering doen nou presies dieselfde.

Wittes kry hoofsaaklik die skuld vir die swak ekonomie, die geldtekort en die gebrek aan dienslewering. Niks sal egter aan die werkloosheid en armoede verander solank as wat die ANC in beheer is nie.

Kontaknommer: 082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.