fbpx
Vryheidsfront Plus

Oorvol skole in Hartswater: Departement voldoen aan gemeenskapsversoeke na VF Plus-bemiddeling

Danksy die bemiddelling van die VF Plus het die Noord-Kaapse onderwysdepartement twee bykomende klaskamers beskikbaar gestel om leerders by Hoërskool Hartswater (Hartsies) te huisves wat aanvanklik by die oorvol skool weggewys is.

Hartsies bedien die gemeenskap van Hartswater en omliggende plase.

Ontsteltenis het vanjaar in die gemeenskap ontstaan toe graad 8-leerders wat verlede jaar in Laerskool Hartswater was en betyds aansoek gedoen het, toegang tot die skool geweier is omdat dit reeds vol was.

Met die begin van die skooljaar is leerders uit die breër omgewing, selfs uit die Noordwes-provinsie, sonder vooraf aansoeke tot die skool toegelaat.

'n Week van intense onderhandelings met die Noord-Kaapse onderwysdepartement het gevolg.

Die VF Plus-raadslid in die Phokwane-plaaslike munisipaliteit, me. Estelle Davies, het hierdie vergaderings bygewoon. Met die bemiddeling van VF Plus se Noord-Kaapse LPW, mnr. Danie Coetzee, kon sy met van die verantwoordelike amptenare kontak maak.

Maandag het die departement uiteindelik toegestem om twee nuwe klasse te verskaf waar in Engels klas gegee kan word.

Hierdie tydelike klasse sal met lugversorgers toegerus word. Intussen word Engelse klasse in die skoolsaal aangebied.

Dit beteken dat 20 kinders wat verlede week nog nie geweet het of hulle 'n skoolsitplek het nie, die week met gerustheid vir skool kan opdaag.

Sonder om 'n sensitiewe saak soos onderwys te verpolitiseer, het Davies haar werk as gemeenskapsleier en raadslid gedoen.

Die verloop van sake bewys dat 'n geskil wat lyk of dit op 'n kop-aan-kop-botsing afstuur, met die regte gesindheid wel geskik kan word.

Oplossings van hierdie aard koop tyd, maar dui tegelyk op die noodsaak van 'n skoolbouprogram in die provinsie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.