Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onwettige dwelm- en drankhandel bly ’n ernstige bedreiging in die Klein-Karoo

Die VF Plus verwelkom die suksesvolle polisië-operasies in die Prins Albert- en Oudtshoorn-omgewing. Die enorme hoeveelhede dwelms en drank waarop beslag gelê is, wys hoe groot die probleem werklik is.

Op 8 Augustus 2026 het die Sentraal-Karoo-blitspatrollie beslag gelê op bykans 39 kg dagga ter waarde van sowat R310 000 op die Prins Albert-pad.

In De Rust is op meer as 660 liter drank by ’n ongelisensieerde verkooppunt beslag gelê, terwyl die Dysselsdorp-polisie 62 kratte bier en 20 houers drank tydens ’n lokval-operasie afgeneem het.

Veral die situasie in Dysselsdorp is kommerwekkend. Die maklike beskikbaarheid van goedkoop, onwettige alkohol het ’n verwoestende uitwerking op die gemeenskap. Dit voed huishoudelike geweld, kinderverwaarlosing, misdaad, openbare wanorde en armoede. Eenmalige operasies is nie genoeg nie. Die gebied het volgehoue, sigbare wetstoepassing nodig.

Die polisie se besluit om toegangs- en uitgangsroetes te beman, is ’n stap in die regte rigting. Dit moet egter ’n gereelde praktyk word en nie net sporadiese optrede nie.

Die munisipaliteit het ook ’n duidelike rol. Ongelisensieerde drankverkooppunte is nie net ’n polisiesaak nie – munisipale verordeninge moet ook streng toegepas word.

Die VF Plus doen ’n beroep op inwoners om verdagte dwelm- en drankhandel by die polisie aan te meld. Slegs wanneer die polisie, munisipaliteit en gemeenskap saamwerk, kan hierdie probleem werklik aangespreek word.

Een suksesvolle dag se operasies is goed. Volgehoue optrede is wat die Klein-Karoo nodig het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.