Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ondersoeke na Dipaleseng-kragnetwerk begin ná druk van VF Plus

ʼn Ondersoek om vas te stel wat die oorsprong is van foute wat Dipaleseng se munisipale kragnetwerk lamlê en transformatoronderbrekings veroorsaak, sal nou eindelik plaasvind ná volgehoue druk van die VF Plus.

Die VF Plus het die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Grootvlei, Balfour, Greylingstad) versoek om buiten die kragoudit aangevra deur Eskom, ook ʼn onafhanklike forensiese ondersoek na die wye kragprobleme van stapel te stuur.

Dit moet insluit alle munisipale prosesse aangaande die herstelwerk aan die netwerk soos die verkrygingsprosesse en kontrakteurs wat aangestel is.

Die kragvoorsiening kom van verskeie transformators wat sedert Desember 2019 gereeld gefaal het weens foute op die munisipale netwerk wat gedurige kragonderbrekings veroorsaak, veral sedert 18 Augustus vanjaar.

Dit situasie kan nie so voortduur nie. Getroue belastingbetalers word gestraf omdat die munisipale bestuur nie gehoor wou gee aan Eskom se versoek om ’n omvattende oudit te doen op die netwerk nie.

Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om seker te maak dat die netwerk vry is van foute wat transformators kan beskadig deur voldoende beskermingsinfrastruktuur te installeer.

Daar moet ook gelet word op die skade wat onwettige verbindings en meteromleidings veroorsaak. Die munisipaliteit moet ook ʼn volledige uiteensetting gee van die geraamde R20 miljoen wat glo reeds bestee is om die foute te herstel.

Die VF Plus bly daartoe verbind om druk te plaas op die munisipale bestuur om saam met Eskom te werk om behoorlike kragvoorsiening te verseker.

Die VF Plus sal voortgaan om die vordering van beide die Eskom-oudit sowel as die forensiese ondersoek te monitor om seker te maak dit word suksesvol voltooi.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.