Die Ouditeur Generaal (OG) se verslag oor plaaslike regering wat bevind dat 92% van alle munisipaliteite finansiële probleme ondervind, is ‘n bewys dat die ANC se beleid van kaderontplooiing en regstellende aksie (RA) die belastingbetaler duur te staan kom, sê dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF Plus.
Dr. Groenewald sê die feit dat agterstallige dienstegelde op nasionale vlak meer as R110 miljard beloop, is ‘n verdere bewys dat die belastingbetalers wat wel betaal, ekstra belas word om die nie-betalers te subsidieer.
“Indien hierdie agterstallige dienstegelde ingevorder sou word, sou daar baie minder munisipaliteite met finansiële probleme wees.
“Die feit dat die ANC 81% van alle munisipaliteite in Suid-Afrika regeer, is ‘n bewys dat die ANC ‘n swak regering is.
“Dit is geen wonder nie dat daar so baie betogings teen swak dienslewering in Suid-Afrika is en die kiesers moet die ANC op 3 Augustus hiervoor tot verantwoording roep en uit die kussing lig by die stembus,” sê dr. Groenewald.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403


